Waarom dit nie effektief is om ‘n aanvaller in selfverdediging tussen die bene te skop nie

Geweld teen vroue is ‘n voortslepende probleem in Suid Afrika. Vroue is desperaat en soek na die mees effektiewe selfverdediging tegnieke om hulself te verdedig teen groter en sterker manlike aanvallers. Een van die mees algemene selfverdediging tegnieke wat vroue verkeerdelik glo sal altyd werk teen ‘n manlike aanvaller, is om die aanvaller tussen sy bene te skop.

Leon Myburgh, van C.O.B.R.A. Self-Defense South Africa, is van mening dat die realiteit veel anders is:

Mans beskerm daardie area instinktief. Al wat nodig is, is om een been effens te draai en die teiken area is beskerm. Om ‘n man tussen sy bene raak te skop vereis dat die persoon wat aangeval word ‘n knieg of voet akkuraat teen ‘n relatiewe klein teiken area moet kry met soveel geweld dat dit die aanvaller in so mate beseer dat hy nie verder kan baklei nie, al wil hy. Dit is bitter moeilik om te doen wanneer jy oorval word en van balans geruk word. Selfs al sou die slagoffer dit regkry, moet mens in ag neem dat die aanvaller se liggaam vol adrenalien is tydens ‘n aanval. Dit beteken dat sy pyn toleransie baie hoog is. Baie mans kan in sulke gevalle deur die pyn funksioneer en die pyn wat hul ervaar maak hul meestal woedend en meer gedetermineer om die slagoffer ernstig te beseer of dood te maak”.

Hy verduidelik dat wanneer mens jouself teen ‘n geweldadige kriminele aanvaller beskerm moet jy fokus op besering  en nie op seermaak nie. Daar is ‘n groot verskil. Wanneer mens ‘n aanvaller tussen die bene skop maak jy hom seer. Dit gaan hom waarskynlik nie stop nie. Indien mens egter die aanvaller beseer,  kan hy nie voortgaan met die aanval nie, al wil hy. Indien mens wel die manlike geslagsdele aanval, is dit baie meer effektief om te gryp, draai en pluk. Dit kan gedoen word vanuit verskeie staande posisies en selfs op die grond tydens verkragting situasies.  

Realiteit gebasseerde selfverdediging opleiding red lewens

Leon beveel aan dat vroue behoorlike realiteit gebasseerde opleiding moet verkry vanaf instansies wat eerstehandse ervaring met regte kriminele aanvalle het. Volgens hom is daar ‘n groot verskil tussen realiteits gebasseede opleiding en sport gebasseerde opleiding. Enige opleiding waar daar reels is of waar deelnemers geleer word dat hul die aanvaller in ‘n greep sit totdat hy sy hand op die vloer slaan (tapout), is sport gebasseer en nie gefokus op kriminele aanvallers nie. Die oorwegende deel van die opleiding moet fokus op kriminele gedrag en hoe om te voorkom dat jy ‘n teiken word. Die fisiese tegnieke is die heel laaste uitweg. Dit is baie meer effektief om ‘n aanval te voorkom as om jouself uit ‘n situasie te probeer uitbaklei. Daar is eenvoudig geen sisteem of wapen op aarde wat altyd teen alle aanvallers sal werk nie

Wenke om veilig te bly

  • Onthou altyd dat kriminele ‘n maklike slagoffer soek en dat hul nie te hard wil werk om hul doel te bereik nie. Hulle beheer altyd die tyd, plek en metode van die aanval. Hulle wil jou altyd probeer verras. Jou doel met selfverdediging moet altyd wees om ‘n moeilike teiken te wees en die element van verassing van die krimineel te ontneem. Wees bewus van wat om jou aangaan. Vermy dit om jou selfoon in die openbaar te gebruik, veral by plekke soos verkeerslige waar aanvalle gereeld plaasvind. Selfone trek jou aandag af en maak dit moontlik vir kriminele om jou ongemerk te nader.
  • Luister na jou instink. Almal van ons is gebore met ‘n ingeboude alarm sisteem wat ons waarsku indien gevaar dreig. Daar is nie sirenes en ligte wat afgaan nie maar mens kry die gevoel dat iets verkeerd is byvoorbeeld die gevoel van vlinders in jou maag, bewende hande en bene, versnelde asemhaling, tonnelvisie ens. Luister daarna!
  • Wanneer jou liggaam jou waasku dat daar gevaar is, is dit krities belangrik dat jy korrek reageer. Dit is altyd die maklikste en beste om ‘n situasie te vermy deur te vlug. Wanneer die motief vir die aanval is om die besittings te bekom byvoorbeeld tydens ‘n gewapende roof of motorkaping, is dit altyd die veiligste om jou nie te verset nie. Jy kan jou besittings verseker en vervang. Wanneer jou lewe egter in gevaar is, byvoorbeeld wanneer jy fisies aangeval word, verkrag word of ontvoer word, moet jy ten alle koste baklei met alles in jou arsenaal. Hou in gedagte dat dit soms baie moeilik is om te bepaal wat die aanvaller se motief is. Dus is dit baie meer effektief om altyd bewus te bly van wat om jou aangaan en weg te kom voordat jy aangeval word.

Wanneer aanvallers wil oorgaan tot die aanval, is daar gevegstekens

Hieronder volg ‘n lys van die mees algemene gevegstekens waarna mens moet oplet:

  • Oormatige oogkontak om jou te intimideer en te evalueer of jy gaan terug baklei.
  • Vermyding van oogkontak waar oogkontak normaalweg verwag word dui daarop hul is besig om te kyk of hul onsnappings roete oop is en of daar dalk iemand naby is wat jou gaan kom help.
  • Die aanvaller kyk voortdurend na jou hande en sakke om te bepaal of jy gereed maak om jouself te verdedig of om vas te stel of jy  ‘n wapen het. 
  • Een been word na vore geskuif sodat die aanvaller balans kry. Terselfdertyd word die bolyf gedraai sodat die sterk skouer en arm agter is om gereed te maak om aan te val.
  • Verbale dreigemente, kru taal, stampe en stote om jou te skok en intimideer.
  • Pogings om jou aandag aftrek deur baie te praat, hulp aan te bied, aan jou te vat of iets te wys sodat jy nie die aanval sien kom nie.
  • Die sterk hand word agter die rug of in die broeksak gehou om sy wapen te versteek sodat hy ongemerk nader kan kom.
  • Die sterk hand word gebuik om sy kop te krap of aan sy neus te vat sodat hy ongemerk sy hande gereed kan maak om vinnig na jou gesig te slaan.
  • Verandering in gelaatskleur soos bloed sy gesig verlaat of na sy gesig vloei is ‘n teken van woede en aggressie.
  • Onbeheersde bewing van die mond dui op aggressie en woede.
  • Versnelde asemhaling soos hy voorberei om aan te val.
  • Vuiste gebal of hande wat oop en toe gemaak word.
  • Onsamehangende herhaling van woorde dui daarop dat hy nie meer logies dink nie en nou net fokus op die fisiese aanval
  • Openlike vertoon van wapens.

Aanval is die beste selfverdediging

Wanneer jy enige van bogenoemde tekens merk en jy kan nie vlug nie, is dit belangrik om jou hande hoog te hou ten einde jouself die beste moontlike kans te gee om die aanval af te weer. Probeer afstand of voorwerpe tussen jou en die aanvaller hou.

Indien jy besluit om aan te val, fokus op sensitiewe areas soos die oe, keel, geslagsdele, kniee en ruggraat. Gebruik geimproviseerde steek en slaan wapens of indien jy opleiding het, gebruik hou hande, kniee en voete. 

Maak geraas deur te skree. Skree iets intimiderend en nie ‘n kreet om hulp nie. Niemand gaan jou kom help nie en indien jy om hulp skree, stuur jy ‘n bevestigende boodskap na die aanvaller uit dat jy ‘n hulpelose slagoffer is.

Sodra die aanval geneutraliseer is, vlug en rapporteer die aanval by jou naaste polisie kantoor.

Realiteit gebasseerde selfverdediging opleiding vir almal

C.O.B.R.A. Self-Defense System is die grootste internasionale handelsmerk in realiteit gebasseerde selfverdediging opleiding vir mans, vroue, kinders en maatskappye. C.O.B.R.A. is in 2002 in Amerika ontwikkel deur ‘n voormalige Polisie Beampte, Maksimum Sekuriteit Korrektiewe Beampte en verskeie gevegskenners. Dit is gebasseer op eerstehandse  praktiese ervaring met geweldadige  kriminele. Die selfverdediging opleiding wys deur interaktiewe praktiese demonstasies aan kliente hoe sekere tegnieke en wapens wat mense glo hul sal beskerm nie altyd werk nie. Die opleiding is ook uniek in die sin dat dit scenario opleiding insluit waar kliente  in verskeie gesimuleerde insidente geplaas word en hul nuutgevonde kennis en tegnieke eerstehands kan toepas. Polisie beamptes word opgelei om te wen in alle konflik situasies. Om oor te gee bestaan nie in hul woordeskat nie. Dieselfde mentaliteit word geinkorporeer in C.O.B.R.A. opleiding. Kliente word geleer om te doen wat nodig is totdat die aanvaller gestop is.

Vir meer inligting oor C.O.B.R.A. Selfverdediging Opleiding kontak hul via e-pos: info@cobradefense.co.za of besoek hul webwerf: www.cobradefense.co.za